|
||||
The Big Induna MTB Classic |
|
|||
| [ Back to MTB ] | |
Wilhelm de Swardt Die Kersvader in Suid-Afrikaanse fietsry dra ’n styfpassende geel pakkie en weet hoe om ’n bergfiets te trap. Só wil dit altans lyk nadat Kevin Evans van MTN Saterdag in die laaste tien meter van die Big Induna-bergfietswedren stadiger begin ry het, sy spanmaat, Ben-Melt Swanepoel ’n klop op die rug gegee het en gesê het: “Ry maar voor en wen. Jy verdien die sege.” Dit is dié tweede keer in die Drifter-reeks dat Evans oor die laaste kilometer toelaat dat een van sy spanmaats ’n wedren wen. In die vorige wedren in Graskop het Evans toegelaat dat David George eerste oor die eindstreep jaag. Toe Evans gepols is oor sy goedhartigheid, was sy antwoord hy is net besig is om sy wedrenskuld af te los. “Die vorige jaar in die Induna-wedren het Ben-Melt alles gegee om my te help om te wen. Vandag (Saterdag) was Ben-Melt weer ongetwyfeld die sterkste ryer. “Daarom is dit wat my betref, niks minder as reg dat hy wen nie. “David het vanjaar ook al baie gedoen om my te help wen. “My hoofdoelwit vanjaar is om oor drie weke op die Wêreld-marathonbyeenkoms ’n plek tussen die top-tien los te jaag. Vandag (Saterdag) was net ’n strawwe oefensessie. “Dit maak in elk geval nie regtig saak wie wen nie, solank dit net ’n MTN-ryer is.” Die “manne in geel” het behoorlik skoonskip gemaak. Die paar olifante langs die Induna-roete kan vergewe word as die gedagte van al wat jy sien, die “geel masjien” was. Terwyl Ollie-hulle rustig besig was om blare van die bome af te stroop, was dit eers Swanepoel, toe Evans en toe George wat op volle vaart net enkele meter verby hulle gejaag het. Daar was net die elektriese heining tussen Suid-Afrika se beste bergfietsryers en een van die wêreld se grotes. Swanepoel se wentyd vir dié wedren oor 75 km net buite Hazyview was 2 uur 50 minute 21 sekondes. Evans was tweede en George derde. George, wat Suid-Afrika op die Olimpiese Spele in die padwedren gaan verteenwoordig, het bekend gemaak hy gaan in Beijing ook aan die individuele tydtoets deelneem. Tanya Raats van Maverick het die vroue-wedren in 3:38:50 gewen. Carla Rowley van MTN was tweede in 3:39.18 en Yolandi du Toit van Garmin derde in 3:45:53. |
|
Mazda MTN Big Induna 75km Marathon 2008
Veteran Master Grand Master WOMEN Sub-Veteran Veteran Mazda MTN Forest to Falls Half-marathon 35km, presented by Ferdevco 2008 WOMEN
Article by: Sean Badenhorst |
|